wenresepte ep6

Bos-en-Berg gasteplaas het totstand gekom in 1969 toe die Pienaar familie die plaas gekoop het. Nadat die plaas ontbos is, het die Pienaars intensief met Geel taaipit perskes begin boer. Heerlike varieteite soos Prof Neetlingh en Oom Sarel’s was daardie tyd staatmakers.  Later jare was daar met melkbeeste en skape as ‘n aanvullende inkomste geboer. Pekan neut bome was toe deur die vader Peet Pienaar as ‘n proef lopie gedoen en hy het gevind dit aard goed op die plaas, asook met die klimaat akkodeer.

Na Hanru Pienaar se pa se dood het hy die plaas ontwikkel in ‘n Pekan produserende eenheid met ‘n meegaande Dorper stoet. Vandag is Bos-en-Berg ook die versamel punt vir Pekan oeste in die omgewing vir die uitvoermark. Neute word ook gedop op die plaas vir binnelandse verkope en verskaf ook werk aan die plaaslike bevolking.

Een van die mooiste bakens op die plaas is waar die Magalies rivier en die Skeerpoort rivier mekaar ontmoet . In die somer as dit storms reën, dan hoor jy hoe bruis die rivier soos die twee bots…Ons plaas is omring met water, ‘n pragtige kanaal en ook die rivier wat die plaas voed. Daar is ook ‘n pragtige ou plaas grond dam met lieflike walle vir heerlike piekniektye waar jy op die pragtige Magaliesberge uitkyk. Op ‘n helder dag kan jy die aasvoëls sien draai naby hul neste teen die kranse.

In 2007 besluit Annelien Pienaar om haar opleidings loopbaan in die Voedsel en Kleding industrie te verruil vir ‘n lewe op die plaas. Nie lank nie of sy het haar eie klein Kook klas en kraft klas sentrumpie begin. In 2012 het sy die fasiliteit kon vergroot en die gastehuis die lig laat sien. In die gastehuis word daar in Ouma se spens die heerlikste produkte verkoop. Alles wat die plaas se gronde oplewer word in botteltjies sonskyn verwerk. Beskuit, koekies, lekkernye. Saam met dit vind daar intensiewe kook opleiding in spesialis rigtings plaas. Onderwerpe soos Kaasmaak, Sourdough brode, Pastry, Koeke en koekversiering, preservering, molekulêre kookkuns en vele meer word in die Kook ateljee genaamd: Boerekos met ‘n Twist. Een maal per maand word daar ‘n “Pop-up” restaurant aand gedoen en 20 plekke is binne ure uitverkoop. Klein intieme partytjies vir groepies van 20 word hier gehou.

Wanneer jy op Bos-en-Berg kom kuier…ontmoet outydse Boere Gasvryheid jou by die plaas se hek!

11988608_482903321876162_7341237038904823256_n

Sagte Kaasklas, studente besig om Labneh te maak.