Welcome to Bos-en-Berg Guest Farm

Bos-en-Berg gasteplaas is teen aan die voet van die Magaliesberg geleë in die skilderagtige dorpie van Skeerpoort. Die bekende Magalies Meander roete loop by die voordeur verby. Die plaas is 45min se ry vanaf Pretoria, Johannesburg, Krugersdorp, Rustenburg en Brits.

In die Gastehuis word daar allerlei klasse in Kook en Crafts aangebied om ons gaste ‘n wonderlike tyd te laat geniet. Daar is groot tuine met lieflike pekan bome vir skadu in die somer en son in die winter. Ander aktiwiteite wat op die plaas gedoen kan word is: bergfiets- en staproetes, visvang, voël kyk of sommer net by een van die lekker restaurante in ons omgewing te gaan eet.

Bos-en-Berg gasteplaas is ideal geleë en u kan die volgende plekke binne ‘n paar kilometer van ons besoek:

  • Bill Harrop’s Hot air Balloon Safaris (5km)
  • Chameleon village (12km)
  • Magaliespark holiday resort(5km)
  • Pecanwood gholf estate(10km)
  • Magaliesburg (30km)
  • Van Gaalen kaasmakerij (kan van Bos en Berg per voet besoek word…1km se stap)
  • Lanseria airport (25km)
  • Hartbeespoortdam (20km)
  • Die Ou Pastorie
  • Silver Orange Bistro
  • Strawberry Farm
  • Leopard lodge
  • Green Leaves trou venue
  • Red Ivory trou venue
Bos-en-Berg Guest Farm, Skeerpoort